Quick Overview
Vrug van die Gees โ Linda van Heerden
Sagteband, 104 bladsye
Hoe is hierdie boekie gebore?
Ek is God se geliefde, โn Koningskind geseรซn met โn passie vir woorde en hulle betekenis, โn ware boekwurm. Ek het jare gelede by โn werkswinkel oor engele twee โgeskenkeโ gekry: โn leรซ boek & โn pen. Daardie geskenke het onbenut gebly, maar was tog altyd in my onderbewuste.
My reis met die boek het begin omdat ek deur die Bybel, en deur Jesus se woorde en dade, al hoe meer bewus geword van hoe God eintlik wil hรช dat ons as Sy kinders moet lewe. Ek het ook deur Galasiรซrs 5 diep bewus geword van die voortdurende stryd, die โgevegโ, tussen die โou mensโ en ons optredes volgens ons sondige natuur, en die โnuwe mensโ wat, nadat jy jou lewe aan God oorgegee het, die vrug van die Gees dra en behoort te dra.ย
Ek het besef hoe ver en hoe gereeld ons mensekinders hierdie geveg verloor. Dit het gevoel asof God vir my sรช: โMy kind, Ek kyk na My kinders, na mense soos jy wat sรช dat hulle in My glo, maar Ek sien maar min van die vrug van die Gees in hulle lewens... waar is die liefde, waar is hul vreugde, waar is hul geduldโฆ.?โ
Ek het weer in Johannes 15 gelees oor die Wingerdstok en die lote. Net soos wat โn loot aan โn wingerdstok gekoppel moet wees voordat dit vrugte sal kan kan dra, moet ons as die โloteโ aan Jesus, die Ware Wingerdstok, gekoppel wees voordat ons vrug sal kan dra. In Johannes 15:16 maak Jesus dit ook baie duidelik dat Hy ons uitgekies en aangestel het om vrugte te dra, vrugte wat sal hou. Ek het begin wonder:ย
- Is hierdie โvrugte wat sal houโ dieselfde as die vrug van die Gees in Galasiรซrs 5:22 & 23?ย
- Wat beteken elkeen van die nege woorde wat die waarneembare eienskappe van die โnuwe mensโ beskryf dan werklik?ย
- Hoekom het Paulus juis hierdie nege eienskappe gekies en wat vra hierdie nege eienskappe van ons as God se kinders?ย
Getrou aan my aard het ek โn boek daaroor begin soek, maar kon net Engelse boeke daaroor vind. Gรฉรฉn Afrikaanse boek nie. En God druk op my hart: โNou maar gebruik dan nou daardie onbenutte leรซ boek en die pen, My kind, en skryf sรณ โn boek in Afrikaans.โ
Die boek โVrug van die Geesโ is my geestelike reisjoernaal op soek na die betekenis van elkeen van die woorde wat die negevoudige vrug van die Gees beskryf. Ek ondersoek eerstens die mens se vermoรซ om vrug te dra aan die hand van die analogie van die wingerdstok. Vervolgens ondersoek ek elkeen van die nege eienskappe afsonderlik uit die hoek van die Woord, stories en gebeurtenisse, ander skrywers se toepaslike woorde, en grepies uit preke wat my diep geraak het. Elke hoofstuk sluit af met
- โn tabel met elke letter van elke eienskap, gekoppel aan woorde (iets soos sinonieme) wat met elke letter begin, en wat vir my iets meer van daardie eienskap vertel; en
- enkele kopkrap-nadenke wat jou na die binnekamer van jou hart toe vat en jou sal help besin oor waar jou lewens tans staan ten opsigte van elk van die nege eienskappe.
Dit is my gebed dat die boek sal help om die woorde van Gal 5:25 โOns lewe deur die Gees, laat die Gees ook nou ons gedrag bepaalโ van ons almal waar te maak. Kom ons gaan saai God se lig en liefde kwistig deur die Vrug van die Gees tot eer van Sy Naam!!